ToekomsVenster 5: Ons behoort aan mekaar Annes Nel

Project Description

ToekomsVenster05-OnsBehoortAanMekaar_Fr.Cov.indd

Stiltetydgids – 45 dagreise oor liefde vir mekaar

Mense beleef God dikwels op ’n afstand beleef. Daar is verskillende redes hiervoor. Een daarvan is dat hulle gewoon nie meer ervaar dat God in die wêreld werksaam is nie.

Ek glo die liggaam van Christus kan hierdie negatiewe ervaring verander. Ek glo die liggaam van Christus wat getrou bly aan die waarheid, Jesus Christus, wat hierdie waarheid verkondig en wat in gemeenskap met Christus al hoe meer soos Hy word, kan die “afstand” van God oorbrug.

Mag hierdie stiltetydgids oor ons liefde vir mekaar jou en jou gemeente help om waarlik God se hande, voete, oë en hart in hierdie wêreld te wees sodat al hoe meer mense sal sê: “As God my Vader is, is die kerk my moeder.”

Meer oor ToekomsVenster

ToekomsVenster is ʼn vyfjaarplan om die liggaam van Christus toe te rus terwyl ons saam op reis is na 2020.

Dit help gemeentes, groepe en individue om te fokus op die uitdagings wat ons nou en in die toekoms sal moet hanteer. Dit lei gelowiges op ʼn pad van genesing terwyl hulle oë gerig is op die wêreld waarvoor God so lief is.

Die temas is spesifiek gekies om gelowiges te help en te lei om nuut te dink en te glo.

Organiseerder ToekomsVenster: Jannie Pelser

E-pos: info@toekomsvenster.co.za

Webtuiste: toekomsvenster.co.za

Telefoon: 011 665 2017 (Drienie)

Besoek ook toekomsvenster.bybelmedia.org.za/blog/

DVD beskikbaar vir kleingroepbegeleiding – 011 665 2017 (Drienie)

UNIEKE VERKOOPPUNTE

  • ʼn Vyfjaarplan om gelowiges aan te moedig tot ʼn verbintenis.
  • Kort dagstukke om gelowiges in hulle geloofslewe te bemagtig.
  • Elke tema strek oor 9 weke met 5 dagstukke vir elke week.
  • Kleingroepe en gemeentes kan saam met mekaar beweeg en groei.
  • Prediking sluit aan by die lewe en uitdagings van gelowiges.

SKRYWER

Annes Nel is tans predikant in Noord-Ierland.  Hy is die skrywer en medeskrywer van 20 boeke en het drie boeke vertaal, onder meer Dietrich Bonhoeffer se Wat dissipelskap kos. Annes se passie is om mense daarvan bewus te maak dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is omdat elke mens ’n plek in God se hart het.

TEIKENMARK

  • Gemeentes
  • Geloofsgemeenskappe
  • Gemeenteleiers
  • Kleingroepe
  • Individue

INHOUD

Week 1: Ons is ’n gemeenskap wat op die waarheid gebou is

Week 2: Ons is een liggaam

Week 3: Ons bedien mekaar

Week 4: Ons bedien mekaar met ons gawes

Week 5: Ons bedien mekaar met liefde

Week 6: Ons is mekaar se wagters

Week 7: Die bediening van medelye

Week 8: Die bediening van gebed

Week 9: Die bediening van hoop

BOEKBESONDERHEDE:

Aantal bladsye: 152

Kategorie: Bybelstudie/Kleingroepe/Individue

ISBN: 9780864878113

Prys: R100

Documents

Project Progress

100%

Overall Project Completion

  • Konsepuitklaring en Netwerkvestiging

    20%
  • Taalversorging en Produksieproses

    60%

100%

  • 40%

    Konsepgoedkeuring en Skryfproses

  • 80%

    Setwerk en Proeflees

20%

Konsepuitklaring en Netwerkvestiging

40%

Konsepgoedkeuring en Skryfproses

60%

Taalversorging en Produksieproses

80%

Setwerk en Proeflees

Project Discussion No discussions posted at this time

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *