Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase Nico Simpson en Lisel Joubert

Project Description

Geloofsgedagtes – Lisel Joubert
Handgetekende gebedsprente – Nico Simpson

ʼn Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd, hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins. Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in. Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het. Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.

PLUSPUNTE
• 90 dagstukke om aan te sluit by die seisoen van Lydenstyd en Pase.
• By elke dag se geloofsgedagte is daar ʼn klein handgetekende gebedsprent om in te kleur.
• Die teks is geskryf deur die eerste wenner van die Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir haar debuutwerk, Ontmoeting met heiliges: Verhale van hoe mense hulle geloof geleef het.
• Die inkleursirkels skep ruimte vir lesers om die teks te oordink en te bid terwyl hulle inkleur.
• Die boek is gedruk op kunspapier van ʼn hoë gehalte, geskik vir inkleur met kleurpotlode.

SKRYWER EN ILLUSTREERDER
Lisel Joubert is ’n teoloog en vryskut-predikant in die NG Kerk. Sy het ’n doktorsgraad in Ou Testament verwerf. Haar passie is om mense te leer hoe om die Bybel beter te verstaan en om hulle bekend te stel aan die ryk geskiedenis van die Christelike tradisie. Sy is betrokke by teologiese afstandsonderrig, veral in die dissipline van Kerkgeskiedenis. Lisel woon in Gansbaai saam met haar man en twee kinders.

Nico Simpson is by Bybel-Media se publikasie-afdeling. Hy stel belang in
hoe volwassenes leer, hoe om dit wat ons glo in sketse en illustrasies uit te beeld, en om mense te begelei om te word wie God bedoel het hulle moet wees. Hy het al verskeie boeke gepubliseer, soos Bybelstudiegroepe: Poorte vir genade, Ek soek die wil van God, Vrou by die put en Ongebreek.

LESERSMARK
• Individuele gelowiges op soek na ʼn nuwe, vars alternatief vir Bybeldagboeke.
• Gelowiges wat hulle wil verbind aan die geloofsgewoonte om tyd by God deur te bring.
• Gelowiges wat wil groei in hulle geloof deur kreatief oor die Woord van God na te dink.
• Gemeentes en kleingroepe wat op hulle geloofspad op spesifieke seisoene in die kerkjaar fokus.

INHOUD
• 90 dagstukke oor temas wat by Lydenstyd en Pase aansluit.
• Temas sluit in: losmaak en aflê; seer; dissipline; eerlik wees; terugkeer; identiteit; woede en hartseer; eensaamheid en verlatenheid; rou en weerstand; stilword en bewusword; misverstand en verkeerde verwagtings; opstanding en hoop; vreugde; nuwe lewe; vreesloosheid; sintuie en persepsies; vrees en oorvloed.
• By elke dagstuk is ʼn inkleursirkel wat lesers nooi om oor die teks na te dink en te bid terwyl hulle inkleur.

BOEKBESONDERHEDE
Aantal bladsye: 96
Kategorie: Aktueel
ISBN: 9780864878236
Prys: R135

Documents

Project Progress

100%

Overall Project Completion

  • Konsepuitklaring en Netwerkvestiging


    20%
  • Taalversorging en Produksieproses

    60%

100%

  • 40%

    Konsepgoedkeuring en Skryfproses

  • 80%

    Setwerk en Proeflees

20%

Konsepuitklaring en Netwerkvestiging


40%

Konsepgoedkeuring en Skryfproses

60%

Taalversorging en Produksieproses

80%

Setwerk en Proeflees

Project Discussion No discussions posted at this time

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *