Kookpunt! Cas Wepener

Project Description

Kookpunt-Fr.Cov.indd

Nadenke oor woede

ʼn Gelowige reaksie van ʼn ontnugterde nasie

Mense in Suid-Afrika het kookpunt bereik. Arm mense is kwaad, ryk mense is kwaad. Bruin mense is kwaad, swart mense is kwaad en wit mense is kwaad. Christene, Moslems, Hindoes en ateïste is kwaad.

Maar ons as gelowiges weet nie of ons mag kwaad word nie. Mag ons hierdie woede-emosies wys

Die werklikheid is, Christene word wel kwaad.

Met Kookpunt! help Cas Wepener ons om sinvol kwaad te word, om hierdie woede selfs te vier en daaroor te praat, te preek, te sing of te debatteer. Hy moedig ons aan om op ’n spesifieke manier kwaad te word; om ons woede-emosies wat gewoonlik afgekeur word eerder ten volle te beliggaam. Hy help dié wat kwaad is om sinvol om te gaan met wat hulle beleef, en help dié wat dalk nie kwaad is nie om ander wat wél woedend is, te verstaan en te verduur.

Cas Wepener gesels in hierdie boek oor vrae soos:

  • Is dit gesond om ons woede op te krop?
  • Hoe moet ’n Christen binne ’n konteks van korrupsie, armoede, misdaad, armoede, uitbuiting en geweld reageer?
  • Watter emosies is aanvaarbaar?
  • Mag ons kwaad word wanneer ons sien dat mense mishandel of onregverdig behandel word?
  • Mag ons om die “regte” redes kwaad word?
  • Of behoort ons onmiddellik die ander wang te draai?

PLUSPUNTE

  • Teologiese nadenke oor woede, wat ʼn belangrike deel is van gelowiges se nadenke oor vergifnis, geregtigheid, versoening en restitusie.
  • Die boek het deurgaans ʼn praktiese klem op hoe ons die woede in ons lewe en kerke kan hanteer. Die skrywer kyk nie net na spesifieke Bybelgedeeltes nie, maar ook na die huidige konteks in Suid-Afrika.
  • Praktiese voorstelle hoe ons op ʼn simboliese manier ons woede tot uitdrukking kan bring.
  • Voorstelle vir die ontwerp van byeenkomste en rituele wat mense op ʼn sinvolle manier lei in ʼn konteks van ongeregtigheid, wreedheid, armoede, uitbuiting, korrupsie, diskriminasie en misdaad.

SKRYWER

Cas Wepener is medeprofessor in die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit Pretoria.

LESERSMARK

  • Die boek is vir enigeen wat in die tema belangstel, of hulle nou woede beleef of nie.
  • Teologiestudente, veral in die Praktiese Teologie
  • Geestelike leiers
  • Beraders 

INHOUD

Voorwoord – prof Hennie Pieterse

  1. Inleiding en agtergrond
  2. ʼn Lament vir liminaliteit
  3. ʼn Begrafnis vir die sterwensproses en ander insiggewende mites
  4. Die liturgie van ʼn staking
  5. Rillers uit Rigters: enkele riglyne oor hoe om jou te strip
  6. Kookpunt! – om jou woede te beliggaam

Bronnelys

 

BOEKBESONDERHEDE

Aantal bladsye: 184

Kategorie: Aktueel/Teologie

ISBN: 978 0 86487 775 8

Prys: R125

 

Documents

No documents at this time.

Project Progress

100%

Overall Project Completion

  • Konsepuitklaring en Netwerkvestiging

    20%
  • Taalversorging en Produksieproses

    60%

100%

  • 40%

    Konsepgoedkeuring en Skryfproses

  • 80%

    Setwerk en Proeflees

20%

Konsepuitklaring en Netwerkvestiging

40%

Konsepgoedkeuring en Skryfproses

60%

Taalversorging en Produksieproses

80%

Setwerk en Proeflees

Project Discussion One Response to Kookpunt!

  1. Hierdie boek is gemerk vir bekendstellings by die Wes-en-Suid-Kaap Sinode. 4-8 Mei.

    March 17, 2015 at 11:28 am
    BMmultisite