Nuwe Manuskrip

Baie dankie dat jy Bybel-Media as publikasiehuis vir jou manuskrip oorweeg het.

Wie ons is

Bybel-Media is ’n kerklike diens wat Christelike inhoud vir geloofsvorming en bediening beskikbaar stel.

  1. Ons inhoud is teologies verantwoord en maklik toeganklik. Dit is
  • inklusief
  • oopkop
  • eg Suider-Afrikaans
  1. en in ʼn verskeidenheid formate vir verskillende ouderdomsgroepe beskikbaar as:
  • kursusse
  • gedruk
  • digitaal.
  1. Verder borg ons ʼn reeks ontwikkelingsinisiatiewe:
  • opleiding
  • bemagtiging van nie-lesers
  • ontwikkeling van eietydse kerkmusiek
  • geestelike opbou van gevangenes.

Ons fokus

Ons fokus op produkte (boeke, kursusse, Bybelstudies en videogrepe) wat tot diens van geloofsgemeenskappe sal wees. Vir ons is dit belangrik om oopkop te wees en maklik toeganklike produkte beskikbaar te stel.

Ons verkies dat produkte saam met ʼn kerklike vennoot binne ʼn bestaande netwerk uitgegee word.

Vanselfsprekend behoort die ontwikkelaar (skrywer of filmmaker) goed in haar of sy medium en ʼn kenner op die gebied van die betrokke tema te wees. Die produk moet ook uniek en tydig wees.

Laastens kyk ons na die uitrolplan. Kan die ontwikkelaar van die produk ons met bemarking help? Het hy of sy bestaande kontakpunte vir hierdie produk?

Hoe die proses werk

Indien jy ‘n produk (manuskrip of videoteks) vir oorweging wil voorlê, vra ons dat jy asseblief die voorleggingsvorm (klik hier) sal invul.

Jou voorlegging word dan by ons maandelikse publikasie-byeenkoms voorgelê. Ons maak ook dikwels van eksterne lesers gebruik om vir ons raad en leiding in ons besluit te gee.

Ons sal so gou moontlik vir jou terugvoering oor ons besluit gee. Dit is nie nodig om voor die tyd die manuskrip vir ons te stuur nie.

Ons sou graag alle skrywers se manuskripte wou publiseer, maar ongelukkig kan ons nie. Ons opdrag van die kerk is oorwegend gemeentegerigte publikasies.

Groete

Nico Simpson

Gunning Fog-indeks